Viering van vroue by Klassique

Zanta Hofmeyr

Lynelle Kenned Foto’s verskaf

Janel Speelman

UITSONDERLIKE vroue-musici gaan by vanjaar se Klein Karoo Klassique optree wat oor die Vrouedag-langnaweek in Augustus op Oudtshoorn plaasvind. Vanjaar se 11de Klein Karoo Klassique, ’n fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn, word van Donderdag 8 Augustus tot Sondag 11 Augustus op Oudtshoorn aangebied.

Volgens Hugo Theart, die artistieke direkteur van Kunste Onbeperk wat die fees aanbied, bied Klein Karoo Klassique vanjaar weer die eerste keer sedert 2015 ’n Galakonsert aan met duo’s en trio’s uit operettes, musiekblyspele en opera.

“Die Kaapse-mezzo-sopraan Minette du Toit-Pearce, die gewilde Lynelle Kenned asook Janel Speelman, wat tot onlangs in die VSA gewoon en opgetree het, is hierin te sien.”

Dié uitvoering vind op Saterdag 10 Augustus om 19:00 in die Burgersentrum plaas.

Ander vroue-musici tydens Klassique op die verhoog is die volgende:
• Klassique begin Donderdag 8 Augustus om 18:30 wanneer twee vroue in La Femme! – A Celebration of Music and Dance kragte saam­snoer. Tanya Diamond (dans en choreo­grafie) en Nina Fourie- Gouws (kitaar) kombineer die passie, geesdrif en intensiteit van outentieke, kontemporêre Fla­menco-dans met die warm, komplekse, sensuele klanke van klas­sieke kitaar.

• In Trio du Cap Classique (Vrydag 9 Augustus om 10:30) kom­bineer die internasionaal be­kroon­de fluitspe­ler Liesl Stoltz werke vir fluit, tjello en klavier. Die bekende Suid-Afrikaanse pia­nis François du Toit en Franse tjellis David Pinoit sluit by haar aan.

• Zanta Hofmeyr (viool) en Olive Sandilands (klavier) span kragte saam met Miro Chakaryan (viool) in die Fiësta-bekroonde Violin Dialogue, wat ook die beste klassieke musiekproduksie by Aardklop in 2018 gewen het. (Saterdag 10 Augustus om 10:30)

• In Sublime String Quartets from Bohemia (Sondag, 11 Augustus om 11:00) neem Kaapstad se Amici Strykkwartet, een van Suid-Afrika se voorste kamermusiek-ensembles, die gehoor op reis deur werke van die voorste strykkwartet-komponiste in die geskiedenis. Suzanne Martens (eerste viool) en Karin Gaertner (altviool), deel die verhoog met David Bester (tweede viool) en Peter Martens (tjello).

• Feesprogram by www.klassique.co.za