Mnr & Mej Gim wenners

Bo: Die wenners Onder; Die beoordelaars

Vanjaar se Mnr en Mej Gim het op Donderdag 9 Mei 2024 plaasgevind.

Hierdie is elke jaar ’n hoogtepunt op Gimmies se kalender en vanjaar was dit net so gewild. Die tema vir die aand was Gimmie Diner, met ’n 50’s gevoel waar daar geruk en gerol is tot die son opkom.

Die aand was gevul met speletjies, lekker skaterlag optredes deur Gimmies se eie Ben Janse van Rensburg en Sonnika Stemmet. Elke persoon wat dit bygewoon het, het dit ongelooflik baie geniet.

Deelnemers het uitgeblink in die mooiste snyerspakke en pragtige aandrokke.

Hulle is deur Roelof Theunissen, Nadia Britz, Samatha Potgieter, Jarista van der Berg en Wilna Allpass beoordeel.

Hier volg die wenners:
Mej Gim: Li-Ann van Wyk
Mnr Gim: JD Cronjé
1ste Prinses – Nadia Badenhorst
1ste Prins – Pieter Fourie
2de Prinses – Aliyah Cremer
2de Prins – Willahn du Toit
Daar was ook wenners in die volgende kategorieë:
“Most liked” – Lisa Steyn
Mnr Fotogenies – JD Cronjé
Mej Fotogenies – Xinzeta Pietersen
Mnr Persoonlikheid – JD Cronjé
Mej Persoonlikheid – Nadia Badenhorst
Mej Spaarbussie (finalis wat die meeste geld ingesamel het) – Li-Ann van Wyk (Deur Angelique Erasmus)