Minister braai saam op Oudtshoorn!

Die adjunk-minister van Toerisme, Elizabeth Thabethe, het Oudtshoorn die week besoek om haarself te vergewis van al die dorp se uitstaande toerisme-aanbiedinge. Thabethe het Dinsdagaand saam met toerismerolspelers by die Turnberry Boutique Hotel gekuier en is getrakteer op die hotel se eg Suid-Afrikaanse “Baby ons gaan braai”-aandete met Suid-Afrikaanse musiek. Hier van links is Niel Els (mede-eienaar van Turnberry), Thabethe, Denise Lindsay (Francois Ferreira Akademie) en Corleen Barnard (bestuurder Oudtshoorn Toerismekantoor).  Foto Angelique Erasmus