Milleniumpark se Koffiepot word vyf jaar oud!

Die Milleniumpark Aftreeoord se koffiewinkel, die Koffiepot, het verlede Woensdag (18 Mei) sy vyfde verjaarsdag gevier! Inwoners het die dag geniet met ’n lekker kuier; koffie, tee en koek ingesluit, natuurlik! Volgens Sharon van der Schyff, bestuurder van die aftreeoord, is dit ’n besonderse mylpaal vir dié koffiewinkeltjie wat deur inwoners van die aftreeoord op die been gebring is. Die punt van die Koffiepot is onder meer vir inwoners om hul kuiergaste daar te kan onthaal, en selfs vir Oudtshoorniete om bietjie van hul besige dag weg te breek. Die geld wat daarmee ingesamel word, word gebruik om dan terug te ploeg in gemeenskaps­­projekte wat Millenium­park behartig. Foto: Stefan Skapie Goosen