Marli gekroon as eerste prinses!

Marli Conradie (10) van Oudtshoorn is verlede Woensdagaand (25 Augustus) as eerste prinses gekroon in die Mej RSA Tuinroete Pre-tiener-kompetisie wat by die Oubaai Hotel in Heroldsbaai plaasgevind het. Sy is ook aangewys as die mees fotogeniese deelnemer, mees stylvolle deelnemer, asook die filantroop en debutante van die aand. Marli, ’n leerder van Laerskool Wesbank, sê sy het die kompetisie baie geniet en is dankbaar dat sy so goed gevaar het. Dit was ook vir haar lekker om deur die kompetisie nuwe maats te ontmoet. Marli is by luisteraars van Radio Klein Karoo bekend as dié radiostasie se gewilde weeraanbieder. Foto verskaf