De Krans maak Suid-Afrika se kampioenport!

Regs: Christoff de Wet, De Krans se wynmaker, met die trofee wat De Krans ontvang het vir sy SA Kampioenport. (Foto verskaf.)

DE KRANS, wynkelder op Calitzdorp, is vanjaar die wenner van die trofee vir Suid-Afrika se kampioenport!

Die uitslae van vanjaar se Jongwynskou is Maandag (30 Augustus) bekend gemaak.

De Krans se wynmaker, Christoff de Wet, het die trofee Maandag by die prysuitdelingsfunksie wat by Nederburg in die Paarl gehou is, in ontvangs geneem.

De Krans is ook vanjaar aangewys as die klaswenner in drie afdelings, naamlik die afdelings vir Cape Ruby, Cape Vintage en die afdeling vir “enige ander port of port versnit”.