Margit ’n liewe, dapper heksie

Regs: Een van die dapperste mense by die KKNK vanjaar was Margit Meyer Rödenbeck, wat net vier dae nadat sy ’n nood-galblaas­operasie moes ondergaan, op die verhoog was as Liewe Heksie in die kinderteaterstuk, Liewe Heksie en die rolskaatse. Die produksie is boonop vir ’n Kanna-toekenning benoem in die kategorie: beste kinder- of jeugteater. Margit, wat gebukkend tydens die vertoning moes loop om haar pyn te beheer, was ook verantwoordelik vir die regie van die stuk asook die skryf van die teks, geskoei op Verna Vels se verhale. Foto: Hans van der Veen