Man wat met graaf, hokkiestok, saag en mes aanval, in Mei voor

’N OUDTSHOORNIET wat tereg staan op nege aanklagte van roof met verswarende omstan­dig­he­de, huisbraak en verontagsaming van ’n korrektie­we toesigbevel moet op 13 Mei by die hof wees.

Brendon Prinsloo (25) word daarvan aangekla dat hy tussen Februarie 2019 en April 2020 verskeie mense van selfone, ’n fiets, brood, ’n musiekboks en kontant beroof het en sy slagoffers met messe gesteek of gedreig, en met ’n panga, hokkiestok en saag geslaan het.

Volgens die staatsaanklaer, Hyron Goulding, sal die staat sowat 23 getuies roep om te getuig en die verhoor tussen twee en vyf dae duur.
Prinsloo word tans aangehou. (Deur Garnett Wicomb)