Man verkrag glo weer terwyl hy op parool is

BORGTOG is verlede week in die Oudtshoorn landdroshof geweier aan ’n man van Rosebank wat, terwyl hy op parool was vir ’n vonnis van verkragting, weer van verkragting aangekla word.

Die 39-jarige man wat nog nie gepleit het nie, word daarvan aangekla dat hy sonder toestemming vier keer op een aand geslagsgemeenskap met sy saamleefmaat gehad het waarvan drie keer sonder haar toestemming was.

Sy parool is teruggetrek en die staat het versoek dat hy in aanhouding bly.

Waarnemende landdros René Gerber het borgtog geweier en aan die verdagte gesê dat sy rekord en die vrou se bewerings nie geïgnoreer kan word nie.

Die saak is vir verdere ondersoek tot Vrydag 6 Maart uitgestel. (Deur Garnett Wicomb)