Die Oudtshoorn Polisie het gisteroggend ’n man met nege selfone, twee skootrekenaars, drie kameras en verskeie selfoonlaaiers in sy besit vasgetrek. Die polisie vermoed dié eiendom is gesteel.
Die man is volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, van Ethiopië en word aangehou vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Die Polisie is tans besig om na te gaan of die selfone en toerusting as gesteel aangemeld is.
Die skootrekenaars is ’n Lenovo en ’n Assus en die kameras twee Samsungs en ’n Sony. Die selfone se Imei-nommers is 352200081566721, 357273056519194, 6354627040402065, 35265 0064988963, 353737060211489, 3568100719 72196, 352830070328038, 352830073825683 en 862186031099736.
Die publiek kan ao Leon Von Molendorff by 082 469 8224 kontak in verband met dié selfone en ander eiendom.