Die bestuurder van ’n Toyota Hilux bakkie wat op 9 Maart in ’n botsing op die De Rust-pad betrokke was, het Dinsdag 4 Januarie in die hof verskyn op aanklag van strafbare manslag.
Johannes Hendrik Schoeman (22) het na bewering dié nag van agter in ’n Volkswagen Golf vasgery.
Twee insittendes van die Golf is in die botsing dood. Hulle was die broer en suster, Henrico en Marisa Plaatjies. Hulle broer, Connery en Henrico se vrou, Jestine was ook in die motor maar het die ongeluk oorleef.
Christo van der Bergh het Dinsdag vir Schoeman op rekord gekom en die saak is deur landdros Zuastred Deyce vir afskrifte van die dossier en instruksies tot 10 Maart uitgestel. Schoeman is op waarskuwing. (GARNETT WICOMB)
Man aangekla van strafbare manslag
