So lyk statistiek oor tienerswangerskap

Die Oudtshoorn Polisie het ’n liggaam op die been gebring wat fokus op die voorkoming van misdaad teen bejaardes (Elderly Crime Prevention Desk). Die lede van die liggaam is van links Stephen Oliphant (onder-voorsitter), brig Levona Januari (stasiekommisaris), Joan Booysen (sekretaris), Christene Afrika (kassier), Miriam Daries (voorsitter), en Eva Korke en Annie Moodie (addisionele lede). (Foto verskaf.)

Deur Liesel le Roux
SOWAT 2000 tienermeisies in die Groter Oudts­hoorn word jaarliks swanger, en dit wil voorkom of tienerswangerskappe hier geleidelik toeneem.

Die Wes-Kaapse Minister van Gesondheid, dr Nomafrench Mbombo, het onlangs op ’n vraag van Tertius Simmers, die DA se kiesafdelings­hoof vir Oudtshoorn en Kannaland, statistiek in die Wes-Kaapse Parlement bekend gemaak oor die aantal tienerswangerskappe in Oudtshoorn en Kannaland sedert 2016. Sy het ook die sosio-ekonomiese faktore gelys wat ’n rol speel in dié groot voorkoms van tienerswangerskappe.

Volgens die statistiek was daar in Oudtshoorn 1 881 tienerswangerskappe in die 2016/2017-boek­jaar, 2 102 tienerswangerskappe in die 2017/ 2018-boekjaar en tot einde Augustus 743 tienerswangerskappe vir die huidige boekjaar. In

Kannaland was daar 191 tienerswangerskap­pe in die 2016/2017-boekjaar, 157 tienerswangerskappe in die 2017/2018-boekjaar en 55 tienerswan­ger­skap­pe einde Augustus vir die huidige boekjaar.

Mbombo het gesê daar is ’n verskeidenheid sosio-ekonomiese faktore wat bydra tot tienerswangerskappe in die Wes-Kaap.

Hieronder tel onvoldoende inligting en toegang tot inligting, armoede, verskillende standaarde wat vir seuns en meisies geld en ook geweld teenoor meisies.

Sy het die volgende faktore gelys: geslags­ongelykheid; seksuele aanranding; dwelm- en drankgebruik deur tieners; geslagsverwagtinge van hoe seuns en meisies moet optree; seksuele taboes vir meisies en seksuele permissiwiteit vir seuns; armoede; swak toegang tot voorbehoeding en beëindiging van swangerskappe; ongereelde en foutiewe gebruik van voorbehoeding; die per­sepsie en rapportering van veroordelende optrede deur baie gesondheidswerkers, onvoldoende seksuele en reproduktiewe gesondheidsdienste vir addolessente en onvoldoende tienervriendelike diens­te; hoë vlakke van geslagsgebaseerde ge­weld en swak seksopvoeding in die huis en op skool.