DIE lyk van ’n 34-jarige man is Sondag in die swembad van die Oudtshoorn Infanterieskool in Parkweg gevind.
Volgens sers Chris Spies, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, is ’n geregtelike doodsondersoek geloods nadat die man se liggaam omstreeks 11:50 die oggend gevind is. Die swembad was glo byna leeg.
Spies het bygevoeg dat die man op die toneel deur mediese personeel dood verklaar is. Die omstandighede rondom die voorval word tans ondersoek.
Lyk in weermag-swembad
Foto: Google Maps