Twee pette van Luigi April.
Twee van die T-hemde van Luigi April.
DIE Gospel-rapper van Oudtshoorn, Luigi April, het vroeër vanjaar ’n klerereeks bekend gestel wat aanlyn te koop is.
Die klerereeks bestaan uit pette, T-hemde en sweetpakbroeke en word bemark onder die name van Luigi se twee musiekvideos, HKND – Hier kom ’n ding en Sy genade is genoeg vir my, asook die name van twee boeke wat hy oor sy lewe geskryf het naamlik A Walk with the Lord en Ek wandel met die Here.
Die klere word op die webblad van hellopretty verkoop. (Deur Liesel le Roux)
Volg gerus die skakel:
https://hellopretty.co.za/lug-records
Kontak Luigi by: 063 363 0841
E-pos: lugrecord@gmail.com
