Louw wil binne week weer van adres verander

Deur Angelique Erasmus
DIE vermeende brandstigter Sonja Louw (58) het gister in die Oudts­hoorn Landroshof weer gevra om van adres te verander. Sy het verlede Woensdag ook haar adres verander.

Louw staan tereg op drie klagtes van brandstigting en een van poging tot brandstigting by Karoopark op Oudts­hoorn.

Haar aansoek moes na 14:00 voortgaan, maar die saak is uitgestel na 27 Februarie nadat die hof meegedeel is Lous kon nie van die gastehuis buite Oudts­hoorn waar sy tydelik woon, op die dorp kom nie.

Die Hoorn het later vertroulik verneem dat Louw in die hospitaal opgeneem is, vermoedelik as gevolg van ’n oordosis medikasie.

Die saak is intussen uitgestel na 27 Februarie.