Kunstenaar van Calitzdorp beken skuld op aanklagte

Deur Angelique Erasmus
’N BEKENDE kunstenaar van Calitzdorp het Dinsdag in die Streekhof in Oudtshoorn skuld beken op aanklagte van ontblo­ting, aanranding en seksuele aanranding.

Die aanklagte waarop Michael van Rooyen (65) skuldig gepleit het, was twee van ontbloting, twee van aanranding en een van seksuele aanranding.

Van Rooyen het wel onskuldig gepleit op ’n aanklag van verkragting en ook die wys van pornografiese materiaal aan minderjarige kin­ders.

Die hofverrigtinge het in camera geskied, omdat die twee minderjarige klaagsters in die saak getuig het.
Van Rooyen is deur landdros Daniël Boks agt jaar tronkstraf opgelê, wat vir vyf jaar opgeskort is.

Hy sal die drie jaar van die vonnis onder huisarres geplaas word.

Die beweerde voorvalle waarvoor Van Rooyen aangekla is, het in 2016, en 2017 in Calitzdorp plaasgevind.