Taxi-eienaars ontevrede
ONTEVREDE taxi-eienaars van Oudtshoorn het verlede Vrydag en Saterdag bande by die taxi-staanplek in die middedorp gebrand.
Hul ontevredenheid gaan oor mense wat met privaat-motors inwoners vervoer sonder die nodige permitte.
Volgens ’n inwoner wat anoniem wou bly, is taxi-eienaars nie altyd gewillig om mense in sekere dele van die dorp op of af te laai nie en verkies van die inwoners daarom om saam met die ander voertuie te ry.
*****
Geen kode 10-toetse meer
Oudtshoorn se verkeerstoetsterrein is van begin Januarie slegs gelisensieer vir die toetsing vir kode 8-rybewyse.
Indien ’n inwoner voortaan getoets moet word vir ’n kode 10-rybewys (dus vir ’n swaarder voertuig) moet ’n afspraak op ’n dorp in die Tuinroete of selfs op ’n dorp so ver as Swellendam gemaak word.