Konstabel op 19 Maart gevonnis

DIE vonnisverrigtinge in ’n saak teen ’n man van Blomnek, De Rust, wat op twee klagtes van kin­derverkragting skuldig bevind is, is in die Oudts­hoorn Streekhof vir instruksies aan sy nuwe regs­verteenwoordiger, adv Benito Metembo, uitgestel. Die saak sal op 19 Maart voortgaan.

Cedric Konstabel (27) het die hof na sy skuldigbevinding versoek om ’n nuwe regsverteenwoordiger te kry omdat hy nie tevrede was met die hof se bevinding nie.

Die hof het bevind hy het ’n negejarige meisie wat in sy sorg geplaas is omdat haar moeder werk, verskeie kere verkrag. Dit het gebeur wanneer sy bedags na skool tuis gekom en haar skoolklere uitgetrek het.

Streeklanddros Daniel Boks het in sy uitspraak Konstabel se weergawe verwerp en die getuienis van die kind as geloofwaardig bevind. Hy het ook bevind haar getui­enis is deur die getuienis van die dokter wat haar ondersoek het, ge­staaf. (Deur Garnett Wicomb)

Be the first to comment on "Konstabel op 19 Maart gevonnis"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*