DIE Groter Oudtshoorn-raad is tans besig om ’n dissiplinêre komitee saam te stel vir die tugverhoor van die munisipale bestuurder, Alan Paulse, wat ingevolge die Webber Wentzel-verslag moet plaasvind.
Paulse is reeds deur die raad met verpligte verlof gestuur vir die afhandeling van die tugverhoor.
Hy het ook reeds skriftelik gereageer op die klagtes teen hom – alles deel van die voorgeskrewe proses wat ’n munisipaliteit tydens so ’n tugverhoor moet volg.
Volgens die dorp se burgemeester, Chris Macpherson, is die raad tans ook besig om ’n kundige, onafhanklike regspersoon aan te stel wat as voorsitter van die dissiplinêre komitee moet optree.
Die verslag van die regsfirma Webber Wenzel is opgestel nadat die raad by ’n vergadering die begin van die jaar besluit het om ’n aantal kwessies na hulle te verwys vir ondersoek. (Deur Liesel le Roux)
Komitee vir Paulse-tugverhoor saamgestel
