DIE program van die 26ste KKNK word Saterdagaand by Surval op Oudtshoorn bekend gestel.
Vanjaar se KKNK vind van 29 Maart tot 3 April 2022 plaas.
Die gewilde kunstefees kon in 2020 en in 2021 as gevolg van die Covid-pandemie nie plaasvind nie.
Verblyf:
As jy bekommerd is oor verblyf tydens vanjaar se KKNK (29 Maart tot 3 April), bespreek sommer direk by LekkeSlaap, verblyfvennoot: van die KKNK: https://kknk.co.za/verblyf-lekkeslaap/
Rig navrae aan: besprekings@ lekkeslaap.co.za, of per e-pos aan Daleen Witbooi by info@kunste. org.za.
Aansoeke vir stalletjies nou oop:
Aansoeke vir stalletjies is nou ook oop. Volg die skakel https://kknk.co.za/ markte-aansoeke. (Deur Liesel le Roux)
KKNK-program dié naweek bekend gestel
