KKNK 2024 ’n kuur vir elke kwaal!

Foto Facebook

Goeie kuns, in al sy vorme en genres, laat die mens vir ’n wyle van die lewe se kwellinge vergeet.

Kuns is medisyne vir die siel. Voeg daarby die natuurskoon en vars lug van die Klein Karoo en jy het die ideale plek om te herlaai.

By die KKNK wag daar van Saterdag 23 tot Sondag 31 Maart op Oudtshoorn voorwaar ’n kuur vir elke kwaal. Dié fees word in die Maart-skoolvakansie aangebied en eindig oor Paasnaweek.

Besigtig. Bespreek. Herhaal. Vir nege dae, net op Oudtshoorn.

Die 2024-program is beskikbaar by www.kknk2024.kknk.co.za, gaan loer gerus daarna.