’N BOEREHULPPROJEK wat deur Die Hoorn en Ziphi Nkomo Group of Companies aangepak is, het in Desember 2019 tot ’n einde gekom met die boor van die twee boorgate.
Ebon le Roux en Mervyn Herring het elk ’n boorgat op hul plaas gekry.
Dit was beslis soos ’n vroeë Kersfees vir hierdie twee boere!
Die Hoorn wil graag vir Lucas van der Merwe en Francois Pheiffer van die Ziphi Nkomo Group of Companies bedank vir hul inisiatief en hul bereidwilligheid om vir beide boorgate te betaal, sowel as die kruideniersware wat hulle vir nog 10 gesinne geskenk het. (Deur Angelique Erasmus)