Kerk se palissadeheining gesteel

Die steenmuurtjie is al wat oorgebly het van die palissade-heining. Foto: Garnett Wicomb

DIEWE het voorverlede week ’n groot gedeelte van die palissadeheining voor die Weyers Memorial United Congregational Kerk in Voortrekkerweg op Oudtshoorn gesteel.

“Hulle ontsien nie eers kerkeiendom nie,” het Bennie Arends, interne ouditeur van die kerk, verlede week gesê waar hy besig was om die skade saam met helpers te herstel.

Volgens Arends het die diewe twee keer toegeslaan. Die eerste keer is die oop gedeelte tydelik met veiligheidsdraad toegemaak.

Die diewe het egter oor die naweek teruggekom, nog pilare afgekap en die palissade gesteel.

“Die kerk word nou gedwing om mense aan te stel wat deur die nag kerkeiendom sal bewaak. Dis ’n skreiende skande,” sê Arends. (Deur Garnett Wicomb)