Die KarooJakkie Boeresportdag wat op 18 November op Langenhoven Gimnasium se sportvelde gehou gaan word, gaan sorg vir groot pret en aksie. Die dag skop om 08:00 af met bergfietswedrenne van 30 km en 60 km, ’n 10 km “trail run” en, vir die deelnemers wat dit rustig wil vat, ’n 5 km pretstap. Om 14:00 begin die regte “sports” met die boeresportkompetisie wat bestaan uit sakresies, eiervang, toutrek en driebeenresies.
Deelnemers kan individueel inskryf of as ’n span van 4 – 6 mense. Hierdie dag kan gebruik word vir besighede wat hul jaareinde met ’n bietjie aksie en pret wil vier!
Daar gaan natuurlik ook heelwat stalletjies wees wat die dag ’n behoorlike karnavalatmosfeer gaan gee. Inskrywingsvorms kan by Karoobrou Koffie Restaurant afgehaal word of deelnemers kan die oggend om 06:30 by Gimnasium se sportveld inskryf. (Deur Lindi Brill)
KarooJakkie Boeresportdag op Gimmies sportvelde
Children having a sack race. Slight motion blur.