HOEWEL slegs 3% van die skuld van Suid- Afrikaanse munisipaliteite aan Eskom uit die Wes-Kaap kom, is dit steeds iets wat ernstig aangespreek moet word, sê die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell.
Een van die munisipaliteite, Kannaland met skuld van R35 miljoen, is in die Klein Karoo geleë.
Die ander Wes-Kaapse munisipaliteite met groot skuld is Beaufort-Wes (R68 miljoen), Matzikama (R82 miljoen) en Cederberg (R37 miljoen).
By die vier munisipaliteite is die skuld ouer as negentig dae, het Bredell gesê.
“Die nie-betaling van Eskom is dwarsoor die land ’n simptoom van swak of geen finansiële bestuur nie.
“Die Wes-Kaapse Departement van Plaaslike Regering werk tans aan verskeie inisiatiewe om dié probleem aan te spreek en om steun te bied waar nodig,” het hy bygevoeg. (Deur Liesel le Roux)
Kannaland skuld Eskom R35 miljoen
