DIE ongekwalifiseerde ouditmening wat die Kannaland Munisipaliteit vir die 2017/2018-boekjaar van die Ouditeur-Generaal ontvang het, toon dat Kannaland ernstig is met skoon regering en goeie administrasie, sê Ian Avontuur, Kannaland Munisipaliteit se woordvoerder.
Avontuur sê die ongekwalifiseerde ouditmening toon dat Kannaland in vergelyking met vorige jare groot vordering gemaak het en die toepaslike reëls en regulasies nagekom het.
“Die goeie ouditverslag dra by tot die munisipaliteit se strategiese doelwit van goeie bestuur en nakoming.
“Die ongekwalifisserde oudit is werklik die resultaat van ’n spanpoging van ons uitvoerende bestuur, en elke amptenaar binne die munisipaliteit word hartlik bedank vir hul volgehoue harde werk en verbintenis tot goeie dienslewering aan die gemeenskap. ’n Woord van dank ook aan die raadslede vir die verantwoordelike besluitneming en omge-wing wat geskep word vir dienslewering.”