Kannaland kry ook waterbeperkings na ‘ernstige watertekort’

Die Kannaland-raad het einde Februarie waterbeperkings vir die hele Kannaland munisipale gebied inge­stel as gevolg van ’n ernstige watertekort.

Die volgende beperkings geld onder meer: Geen tuine mag natgemaak word tot verdere kennisgewing nie, geen voertuie gewas word nie, geen geplaveide, beton- of geteerde oppervlaktes met ’n tuinslang of drukspuit skoongespuit word nie, en geen swembaddens volgemaak word nie.