ESKOM het gister weer beurtkrag vir Suid-Afrika aangekondig.
Beurtkrag het gister (Woensdag) 17:00 afgeskop en duur tot Vrydag om 23:00.
Daar is egter ’n moontlikheid dat dit verleng kan word tot die naweek.
Die Groter Oudtshoorn en Calitzdorp word Donderdag (08:00 tot 10:30 en 16:00 tot 18:30) en Vrydag (16:00 tot 18:30) geraak.
Beurtkrag word weer aangekondig
