

Die propvol feesprogram van die Prince Albert Leesfees wat vanaf 29 tot 31 Augustus plaasvind, is afgehandel en kaartjies kan vanaf 18 Julie reeds bespreek word.
Kaartjies vir alle gesprekke is slegs R70 elk en ’n feeskaartjie teen slegs R450 vir al agt gesprekke gaan beskikbaar wees.
Die fees word vanjaar weer in die ikoniese Showroom Theatre in die dorp se hoofstraat aangebied. Vanjaar word ’n bonus aangebied wat feesgangers en veral inwoners bederf met drie gratis aanbiedinge op Sondag 31 Augustus.
Die eerste item is die opelug Poetry at Sunrise wat by Kritikom-koppie buite die dorp aangebied word.
Die digter Tom Dreyer staan reeds vroeg op om die sessie in te lei waarna plaaslike digters die geleentheid kry om op te tree. Dan is daar twee gratis boekgesprekke in die Showroom met plaaslike skrywers.
Die fees begin Vrydagaand met ’n openingsfunksie vir genooide gaste en daarna volg die eerste item op die program vir kaartjiehouers. Dit is ’n huldiging van Annelie Botes waartydens haar man, Chris, oftewel Die Gryse, optree.
Saterdag se program begin om 09:00 met Andrew Wilson se boek, The Fourth Boy.
Daarna verloop die program soos volg:
10:15 – 11:00 Martin Steyn met sy boek Donkerwater
11:30 – 12:15 Tom Dreyer met sy bundel Nou in infrarooi
12:45 – 13:30 Erla Diderichs met Bonsaimeisies
14:00 – 14:45 Die kunstenaar Alex Hamilton met sy boek Arting and the Subsequent Shenangins of a
Serial Collector
15:15 – 16:00 De Wet Bischoff met sy debuutroman Kubermoorde
16:30 – 17:15 Sidney Gilroy met sy nuutste misdaadriller Roulette
Die fees sluit Sondag af met ’n heerlike ete by die Swartberghotel uit die resepteboek, Cooking With Doc van Dr André Hattingh. Kaartjies beloop R250 en is nie by die feeskaartjie ingesluit nie.
Kaartjies kan vanaf 18 Julie by 073 281 8891 (Reinie) bespreek word. Kaartjies is ook beskikbaar by die biblioteek op Prince Albert en sal ook by die deure te koop wees tydens die fees.
Die feeskaartjie van R450 sowel as die etekaartjie van R250 vir Sondag se ete moet vooraf bespreek word. (HANNES VISSER)