’n Vliegskool van Kaapstad het verlede naweek besoek kom aflê by die Aeroklub in Oudtshoorn.
Die 4 Aviators Kaapstad Internasionale Vliegskool het Vrydagoggend vanaf Kaapstad ingevlieg vir ’n navigasie-oefening na Beaufort-Wes. Van daar het hulle in Oudtshoorn kom land.
Hul kleurvolle vliegtuie het gepronk op die aanloopbaan.
Hulle is deur die lede van die Aeroklub genooi om ’n gesellige aand saam met hulle deur te bring. Saterdagoggend het hulle weer opgestyg terug huis toe. (Deur Lindi Brill)
Kaapse besoekers by Aeroklub
