Die Suid-Kaapse Kinder- en Jeugkoor, bestaande uit 60 kinders uit die streek, het in April vertrek op ’n Europese toer wat strek van 23 April tot 6 Mei.
Gedurende hierdie toer tree die koor op in België, Duitsland en Nederland, en neem ook deel aan die 74ste Europees Muziekfestival voor de Jeugd, wat van 30 April tot 4 Mei plaasvind.
By hierdie internasionale fees sal sowat 100 kinder- en jeugkore van regoor die wêreld deelneem. Die Suid-Kaapse Kinder- en Jeugkoor verteenwoordig Suid-Afrika en Afrika met trots op hierdie verhoog.
Die toer het reeds verskeie hoogtepunte opgelewer. Op 24 April het die koor opgetree in die indrukwekkende katedraal in Keulen, Duitsland, waar die akoestiek as buitengewoon beskryf is.

Op 25 April het hulle hul talent in die Essen Katedraal (kyk die video hieronder) in Duitsland ten toon gestel, gevolg deur ’n optrede op 26 April in ʼn katedraal in Tongerlo, België.
Die dirigent, Jan-Erik Swart, se passie vir koormusiek is duidelik sigbaar in elke uitvoering en weerspieël in die energie en toewyding van die jong sangers.
Lees ook: