
’n Spesiale dag van omgee en samewerking het by die Dassie Voorskoolsentrum afgespeel Sondag toe Meals on Wheels, in vennootskap met JAC, ’n skenking aan die sentrum oorhandig het. Die inisiatief het ten doel om kwesbare gemeenskappe te ondersteun en kinders se welstand te verbeter.
Die skenking het skopmotorfietse en komberse en lekkergoed ingesluit. As deel van die dag se aktiwiteite het die span ook ’n unieke uitdaging aanvaar – om sowat 1 000 kilometer met slegs een tenk diesel af te lê. Hierdie uitdaging is daarop gemik om bewusmaking te skep en ondersteuning vir hul projekte te werf.
Die Shoprite Groep het ook hul deel bygedra deur skopmotorfietse en komberse aan die kinders te skenk. Die kinders het groot opgewondenheid getoon oor die nuwe skopmotorfietse, terwyl die komberse broodnodige warmte sal bied gedurende die kouer maande.
Verteenwoordigers van Meals on Wheels het hul dankbaarheid uitgespreek teenoor alle rolspelers wat die dag moontlik gemaak het. Hulle het beklemtoon dat samewerking tussen organisasies en besighede noodsaaklik is om volhoubare verandering in gemeenskappe te bewerkstellig.
Die bestuur van Dassie Voorskoolsentrum het hul opregte waardering uitgespreek vir die skenkings en ondersteuning. Volgens hulle sal hierdie bydraes nie net die kinders se lewensgehalte verbeter nie, maar ook die sentrum help om sy dienste verder uit te bou. (GRANWILLE GOLIATH)
Lees ook:
Klein Karoo Spar steun plaaslike rugby met ruim skenking