Jakkalsvoël vlieg ruit flenters

Dié mooi algemene jakkalsvoël het Dinsdagaand gevrek toe dit teen ’n ven­ster by die SWD Krieketkantoor op die Rec op Oudtshoorn vasgevlieg en ’n ruit gebreek het. “Hier het al baie krieketballe teen vensters beland, en dit het nog nooit gebreek nie. Dis die eerste keer dat so iets gebeur,” sê Albertus Kennedy, uitvoerende hoof van SWD Krieket. Hy het die stukkende raadsaalvenster gisteroggend ontdek, en die valk buite gewaar. Volgens Teresa van der Westhuizen van CapeNature is die voël lid van die valk-familie en algemeen in die Klein Karoo. Foto: Angelique Erasmus