SOWAT 1 000 Oudtshoorniete het Sondag op die Oudtshoorn Rec bymekaar gekom om saam nagmaal te gebruik en vir Oudtshoorn te bid.
Dié byeenkoms was deel van die #iSurrender-inisiatief, ’n Christelike inisiatief wat gesteun is deur verskeie kerkgroepe.
Inwoners het Sondag hande gevat en ’n groot sirkel op die Rec gevorm, waarna hulle op hul knieë gegaan en vir die dorp gebid het.
Ranger Grebe het ook Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylverster, na die binnekant van die sirkel geroep en vir hom gebid.
Dié inisiatief het in Augustus begin met ’n optog van perderuiters, ’n donkiekar en stappers met wit vlae om die dorp.
Verlede week is 360 wit vlaggies op 180 lamppale in Oudtshoorn se strate opgesit om as bewusmaking te dien vir hierdie inisiatief.
Die vlaggies sal tot Januarie in Oudtshoorn te sien wees.
Grebe het gesê #iSurrender gaan ’n jaarlikse instelling word – na die groot sukses van Sondag se biddag en sal die vlaggies nou elke jaar in Oudtshoorn te sien wees.
Deur Angelique Erasmus