DIE Oudtshoorn Polisie vra die hulp van inwoners nadat ’n 23-jarige vrou op Sondag 19 Mei in Noor Kafee in Adderleystraat, Oudtshoorn verkrag is.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die voorval omstreeks 22:40 plaasgevind.
Michaels sê die verdagte, ’n Egiptiese man, het in die kafee gewoon.
Volgens die polisie was die man sedert die voorval nog nie weer by die kafee nie.
Enigiemand met inligting kan vir ao SJH le Roux by tel 0442037500 kontak. Inligting sal vertroulik han-teer word.