LHS Matrieks hou 55 jaar reünie

Bo van links is Sias van Greunen, Elsa Beyers, Maude Munro, Linda Otto, Gerhardus Lamprecht, Noeline Grundling, Dalena Nel, Willa Becker, Estelle Swanepoel, Vivian Barnard, Petro Stroebel en Anna van der Westhuizen. Foto: Lindi Brill

DIE 1968 matrieks van Hoër Handelskool Langenhoven, vandag bekend as Langenhoven Gimnasium het Saterdag, 23 September hul 55-jaar reünie gevier.

Die groep het by Langenhoven Gimnasium se klubhuis bymekaar gekom, en ’n heerlike gesellige aand saam geniet.

Delena Nel en Johan Koorts het selfs in 2021 ’n reünie lied geskryf. Die lied is as volg:
Na soveel jare weer tesaam
Op jou Roepstem tree ons vinnig aan
Ons pak ’n tas of twee of ses
Dis reünie-tyd van LHS
Reünie-tyd is ’n bakgat tyd
’n Tyd van weersiens en jolyt
Ons dans en kuier heelnag deur
Niks kan onse geesdrif keer
Die meisies lyk steeds jonk en mooi
Net hier en daar ’n ouma-plooi
Maar trots daarop en sat gepla
As die manne vir ’n dansie vra
Die manne van ons LHS
Is rond en grys en goed gebles
Maar trots daarop en los van lit
As die meisies vra “Nou wie is dit?”
En pak ons weer ons tasse op
Soveel mooi gedagtes in ons kop
Miskien is dit die laaste groet
Tot ons eendag elders weer ontmoet.

Dit was beslis ’n spesiale reünie en groot mylpaal dat daar steeds soveel almamaters die moeite doen om mekaar jaar na jaar weer te ontmoet. (Deur Angelique Erasmus)