Klein Karoo Agri verkoop vanaf begin vandeesmaand (1 Mei 2020) ook weer hardeware en verf aan die publiek vir enige noodherstelwerk!
Volgens Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri, kan hulle met die Vlak 4-regulasies vir die Covid-19-pandemie nou weer feitlik al hul produkte verkoop met enkele voorwaardes soos deur die regulasies bepaal.
Alle landbouprodukte is steeds beskikbaar en Klein Karoo Agri se vulstasies is ook oop.
Terblanche nooi alle inwoners van die Klein Karoo en omliggende streke om na Klein Karoo Agri se winkels te kom vir hondekos, troeteldierbenodighede, gas, elektriese benodighede, verwarmers, wintersklere, skoene en beskermende kleredrag – om net ’n paar te noem.
Huidige produkte waarna daar ’n groot vraag is, soos toiletpapier, maskers, handskoene, handreiniger (sanitiser) en skoonmaakmiddels is ook beskikbaar!
Klein Karoo Agri sal slegs produkte verkoop soos deur die regulasies vir die Covid-19-inperking bepaal word.
Terblanche herinner kliënte dat die dra van maskers verpligtend is in Klein Karoo Agri se takke, store en by ons vulstasies. “Die protokolle moet asseblief gevolg word,” voeg hy by.