Dassieweg tot stilstand met inwoners wat pad blokkeer en bande brand

Dassieweg in Bridgton, Oudtshoorn was gister (Woensdag 24 Maart) geruime tyd onbegaanbaar vir verkeer nadat inwoners van die Smartietown-omgewing die pad met brandende buitebande versper het tydens ’n protesoptrede oor dienslewering. Volgens Mpumi Kiwa, Hoorn-verteenwoordiger op die toneel, eis inwoners dat paaie geteer word, lekplekke in RDP-huise herstel word, ’n kliniek in die omgewing gebou en vullis daagliks verwyder moet word. Die polisie se openbare orde-afdeling het in ’n stadium rubberkoëls gebruik om die skare uitmekaar te jaag. Dassieweg is ’n besige roete wat Oudtshoorn-dorp, die nywerheidsgebied, Bridgton en Bongolethu verbind. Foto’s: Ebenezer Titus