Brionay Tarentaal (7) van Oudtshoorn wat vandeesweek op Die Hoorn se voorblad pryk, by ’n sneeuman wat sy die naweek op die toegesneeude Swartberge buite Oudtshoorn gebou het. Inwoners van die dorp en buurdorpe het behoorlik die naweek op die berg toegesak om foto’s te neem, sneeumanne te bou en net die sneeu te geniet. Saam met die sneeu én ysige koue het Oudtshoorn sedert die naweek ook sowat 6 mm reën gekry, terwyl daar ’n volle 20 mm se welkome reën in die opvangsgebied van die Raubenheimerdam, Oudtshoorn se drinkwaterdam, geval het.
Foto: Elzane Danster
