Hitte die rede vir kragonderbrekings

Die skielike somerhitte het ’n invloed gehad op twee kragonderbre­kings wat sedert verlede Donderdag op Oudts­hoorn voorgekom het.

Volgens Ntobeko Mang­qweng­qwe, woordvoerder van die Oudts­hoorn Munisipaliteit, het die westelike dele van Oudtshoorn verlede Donderdag en weer Sondag krag­onderbrekings ervaar as gevolg van probleme met kragtoevoer by die Parkweg-substasie langs die NA Smit Swembad.

Onder meer die Polisie-akademie, Verkeersdepartement, Oudts­hoorn Lughawe en die Infanterieskool in Wesbank is deur die kragonderbre­kings geraak.

Mang­qweng­qwe sê hoë gebruik van lugversorgers het ’n invloed op elektriese toerusting soos transformators en kan oorverhitting veroorsaak wat daartoe lei dat die krag onderbreek word.

“Lugvloei oor die ver­koelingsvinne van die twee hoofsubstasies by Unieplein en NA Smit is verhoog en behoort die dorp deur die warm somermaande te help.”

• Inwoners word versoek om krag spaar­saam te gebruik, veral op uitermatig warm dae.