Herstelwerk aan Swartbergpas begin

NOODSAAKLIKE herstel-, hergruisings-, en dreineringswerk aan die suidelike kant (Oudtshoorn-kant) van die Swartbergpas het Maandag (20 Julie) begin.

Volgens die Tuinroete Distriksmunisipaliteit word beoog om die projek, wat oor ’n gedeelte van sowat 10 km van die pas gedoen word, teen 31 Maart 2021 te voltooi.

As gevolg van heelwat konstruksievoertuie op dié smal pad, sal verkeer op weeksdae met stoprypunte beheer word – Maandae tot Donderdae van 08:30 tot 16:00, en Vrydae van 08:30 tot 13:00. Padgebruikers kan verwag dat hul reis met ’n uur of langer hierdeur vertraag sal word.

Alternatiewelik kan die roete via Meiringspoort gebruik word.