’N VYFJARIGE seun van Ladismith wat verlede week in ’n ernstige botsing buite die dorp saam met sy ouers betrokke was,
Theoniell Johannes, moes Dinsdag rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig by die Rooi Kruis Kinderhospitaal in Kaapstad ondergaan.
Theoniell se ma, Natasha (28), het op Sondag 7 November in die botsing sowat 5 km buite Ladismith gesterf toe ’n wit Polo teen die swart Yaris waarmee die gesin gery het, gebots het. Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.
Theoniell se pa, Aniel, was die naweek verslae oor die erns van sy seun se beserings. “My kind se gesig is beskadig en sy neus oopgesny,” het hy gesê. Volgens Aniel het sy vrou hom voordat sy op die botsingstoneel gesterf het, gesmeek om Theoniell hospitaal toe te neem. ’n Motoris van Zoar, Melvin Ambros, het hom en sy seun na die Alan Blyth Hospitaal op Ladismith geneem.
’n Skoonsuster van Aniel, Hillary Visagie, het Theoniell na Kaapstad vergesel. (Deur Deon Meyer)
Groot operasie vir seun na na botsing waarin ma sterf
Theoniell Johannes (5) wat Dinsdag rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig on- dergaan het.
Foto verskaf