Die straathoek waar Japie Adams se liggaam gevind is. Foto: Deon Meyer
Deur Angelique Erasmus en Deon Meyer
DIE sendingdorpie Zoar is verlede naweek geruk toe die liggaam van Japie Adams (57) op ’n straathoek naby die ou Tavern-gebou in Sandkraal gevind is.
Adams was ’n bekende groente-smous in die hoofstraat van die nabygeleë Ladismith.
Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, is die liggaam van Adams Saterdagaand gevind. Adams is met ’n skerp voorwerp gesteek. Na bewering is sy liggaam van elders gebring en op die straathoek neergesit.
Die voorval het na bewering omstreeks 22:45 plaasgevind.
’n Nadoodse ondersoek is reeds gedoen om die oorsaak van Adams se dood te bepaal.
Enige persone met inligting kan sers Damion Manual kontak by tel 0285518100. Alle inligting sal ver-troulik hanteer word.