Van die deelnemers aan die Nuts & Bolts Rally wat Vrydag afskop die week op Oudtshoorn. Van links is Henry Fourie (59) en Deon Bosman (62) van Oudtshoorn en Oscar Sutton (36) van Johannesburg. Foto: Angelique Erasmus
VERSKEIE Oudtshoorniete is onder die groep deelnemers wat vanaf Vrydag aan die volgende Nuts & Bolts Rally gaan deelneem.
Die Nuts & Bolts Rally, wat op gereelde basis plaasvind en hierdie keer in die Tankwa Karoo afskop, samel geld in vir die bewusmaking van testikulêre kanker by mans.
Die res van die roete is onbekend aan die deelnemers.
Al wat die deelnemers tans verder weet, is dat die rally vyf dae duur en op 24 September ten einde loop.
’n Voorwaarde om daaraan deel te neem is dat jou voertuig ouer as 30 jaar moet wees.
Jou voertuig se oorspronklike aankoopprys mag ook nie meer as R20 000 wees nie.
Onder die Oudtshoorniete wat gaan deelneem, is Deon Bosman met sy Series 3 Short Wheel Base Landrover wat in 1972 vervaardig is en Jean du Plessis met sy donkergroen 1976 Mazda 323, asook Henry Fourie wat saam met sy skoonseun Oscar Sutton van Johannesburg in ’n Series 3 Wagon Landrover wat in 1982 vervaardig is, gaan deelneem.