De Rustica Olyflandgoed buite De Rust het die Klein Karoo weer op die internasionale mark vir olyfolie geplaas.
Twee van De Rustica se produkte is by die 2024 internasionale olyfolie-kompetisie in New York met goud en silwer toekennings bekroon.
Dié landgoed se Estate Collection Coratina het met ’n goue toekenning huis toe gekom en De Rustica se Estate Range Medium is met ’n silwer toekenning bekroon.
Hierdie toekennings beklemtoon weereens die toewyding van De Rustica om olyfolie van wêreldgehalte in die hartjie van die Klein Karoo te produseer. (HANNES VISSER)
Goud en silver vir De Rustica
