
Die tydskrif Bruis se Suid-Kaap-lesersoggend is op 19 Oktober op die granaatplaas Celebratio aangebied waar die pakstoor van Karoo Pak in ’n sprokieswêreld omskep is vir die 300 gaste.
Hulle is bederf met heerlike wyn van De Krans, gin van Grundheim en kos uit Nostalgie se kombuis.
Hulle het voedsel vir die siel gekry met praatjies deur die kruiekenner Antoinette Pienaar en die akteur en televisieaanbieder Hannes van Wyk.
Johan Liebenberg het die voete laat jeuk met Neil Diamond-treffers terwyl Desire Gardner (bekend as Magda Louw) die lagspiere geprikkel het.

Antoinette Pienaar deel haar wyshede met die gehoor.

Die tafels was keurig gedek.