Gimmie-glans met Mnr en Mej Gim

Gimmies het vir hul gunstelingdeelnemers gegil en gejuig tydens vanjaar se Mnr en Mej Gim wat verlede Donderdag 22 Mei plaasgevind het.

Die tema vir die aand was Eindelose Gimmie-Glans. Die bekende smaakmaker LekkerNikkie, Nikkie du Toit, Marnus Botha (Top 5 Mnr SA- finalis en oud-Gimmie), Raynette Schoeman (Scent of a Woman eienaar en ook ʼn oud Gimmie) Sebastiaan Meyer (CKI) en Elani Pretorius (Ace Models Mosselbaai en George) was die beoordelaars en moes omtrent kophou om hulle finale keuses te maak. Vyf finaliste is gekies nadat die 12 dogters en 12 seuns hulle passies deur drie rondtes op die loopplank moes uitvoer.

Die plaaslike sanger, Tino, het vir vermaak tussen die rondtes gesorg en die gehoor heerlik aan die saamsing gehad. Christo Willeman is as Mnr. Gim gekroon en Hannah Schmitt het die kroon as Mej Gim ontvang. Athan Koukakis en Nika Potgieter is as eerste prins en prinses gekies.

Die ander wenners was:
2de Prins – Edrich Schoeman
2de Prinses – Mia Smuts
Gewildste – Nika Potgieter
Mej. Debutant – Carmé Botha
Mnr. Fotogenies – Athan Koukakis
Mej. Fotogenies – Hannah Schmitt
Mnr. Persoonlikheid – Christo Willeman
Mej. Persoonlikheid – Nika Potgieter (ANGELIQUE ERASMUS)