Langenhoven Gimnasium se jaarlikse Mnr. en Mej. Gim-glansaand het verlede Donderdagaand, 14 Mei, met die tema ’n Aand in Rio plaasgevind. Die glansaand is jaarliks een van die hoogtepunte op Langenhoven Gimnasium se sosiale kalender.
Die deelnemers het die gehoor beïndruk met hul selfvertroue, styl en persoonlikheid, terwyl die skoolsaal vir die aand in ’n feestelike Brasiliaanse atmosfeer omskep is.
Die skare het luidkeels gejuig en hul ondersteuning aan die deelnemers gewys.
Die beoordelaars vir die aand was Lourens Swanepoel, Tino, Violet Schoeman, Saenzee Louw en Liandri Lamprecht.
Wenners van Mnr. en Mej. Gim 2026:
- Mnr. Gim 2026: William Deck
- Mej. Gim 2026: Imke Mulder
- Eerste prinses: Yana Fouchee
- Tweede prinses: Lana Delport
- Eerste prins: Jean Joubert (ook aangewys as Mnr. Persoonlikheid)
- Tweede prins: Kevin Kennedy (ook aangewys as Mnr. Fotogenies)
- Mej. Fotogenies: Mari Pretorius
- Mej. Persoonlikheid: Lana-Maré Hayes
- Gewildste finalis op sosiale media: Lana Delport
