Danksy ’n Nederlandse weldoener kan inwoners van Bellinganhof Aftreeoord nou ’n kort wandelroete met ligte oefeninge op hulle eie terrein doen.
Wietske Tadema besoek die oord gereeld en het die wandelpad wat ongeveer 600 m lank is, op bestaande paadjies by Bellinganhof gekies wat selfs vir mense met looprame en in rolstoele toeganklik is. Die roete begin en eindig by die parkeerterrein en het het sewe verskillende stasies wat deur oranje bordjies gemerk is, waar inwoners ligte oefeninge kan doen. Die oefeninge sluit arm- en beenoefeninge sowel as rek- en strekoefeninge in.
Die wandelpad is verlede week amptelik deur Tadema ingewy en ’n hele aantal inwoners het sommer dadelik in die pad geval. Volgens Suster Colleen Fourie, bestuurder van Bellinganhof, is hierdie ’n uitstekende inisiatief. “Inwoners kan nou die roete volg en hulle eie pas aangee. Dit is veilig binne ons heining en dit is toeganklik vir almal”. (HANNES VISSER)