Sowat 200 inwoners het ’n gesondheidsdag op 9 Mei by Oudtshoorn se banketsaal bygewoon. Die dag is deur die kantoor van die burgemeester, Johan Allers, asook verskeie rolspelers aangebied.
Inwoners het gratis gesondheidsdienste asook advies ontvang, Daar is ook op Saterdag 10 Mei,’n voertuig konvooi gehou vir die bewusmaking van kanker. Foto verskaf
Gesondheidsdag op Oudtshoorn aangebied
